19 May 2012

Participation Information: Although all visitors to this page and site are permitted and invited to read the content displayed, only registered users could be rendered the opportunity to participate in the debate. For logical reasons unlimited access without reviewing could not be granted. The popularity of www.komatipoort.com, and its significance for the area, is significantly high. It makes sense for all local inhabitants to optimize thier town's home site, and to share in the advantages it offers. It is actually for free! Kindly follow the links on our business and accomodation pages, and register and subscribe without any further delays, and become an active participant in the affairs of your own town and region!

Neccta

Neccta

Since being founded, Neccta (Nkomazi East Combined Commerce and Tourism Association) represents the Komatipoort community in all matters of community interest.

Neccta is accordingly acknowledged by all government institutions and the public media, and the community. Neccta strives to improve trade and tourism of Komatipoort and the Nkomazi East region.

With a track record of longer than 8 years, Neccta has achieved a lot. Amongt these count amongst others the elevation of the Crocodile Bridge, ongoing interaction with government on all levels, and also www.komatipoort.com.



Management
Convener & Liaison Jan Engelbrecht
Tourism Sue Steele
Software

Guss Davey

Trade Fanie Engelbrecht
Border Post Danie Parsons
Town Infra-structure John O'Reilly
Education Robert Naude


03
Die groot skoonmaak kry nou momentum

Verlede week was Nasionale Skoonmaakweek, maar Eddy Ferreira het hom in die verlede al só vir mense wat mors vererg, dat hy geen aansporing nodig het om steeds hierdie dorp van alle rommel te verlos nie. Eddy is die man wat 'n span van 11 werkloses geleer het hoe om rommel raak te sien, op te tel en te verwyder. Met boskappers en pangas kap hulle die ruie bosse tussen bome op leë erwe oop. Dit kos hom maandeliks R15 000. "Gewoonlik word mense (as daar is) wat hierdie werk doen, deur die munisipaliteit besoldig. Maar ek hierdie spannetjie self. Dit is bevredigend, want hulle het lojaal en werk werklik hard". Hy sê mense dink hy word deur die munisipaliteit betaal. Eddy sê hy het die span op een punt van Komatipoort laat begin en hulle werk so al om die dorp om uiteindelik weer by die begin te eindig. Sy plan was dat sodra die spasies skoon is, die gras onder die bome met 'n spesiale grassnyer kort te hou. Talle inwoners was al verbaas om die rommelsakke wat hulle so ongeërg oor die muur of in ‘n leë erf gegooi het, wéér in hul eie oprit te vind... Of om die gemors wat hulle oorkant die pad agter die bosse gegooi het, wéér in hul eie garage aan te tref! Volgens Ferreira is rommelstrooiing teen die wet en sal hy dit as sulks beveg. Intussen het Alta Triegaardt van Pam Golding en Pierre Pretorius van Acacia Gastehuis ook hul gewig by Eddy se projek ingegooi en weldra gaan daar 'n komitee wees wat help om geld in te samel vir die "Komati Clean-up" projek wat pragtig momentum gekry het. 'n Hoogtepunt in die "Clean-up"- komitee se werk is die gholfdag van 24 September waaraan hulle lank beplan het en hoop om geld vir die aankoop van die spesiale grassnyer van bykans R360 000 bymekaar te kry. Tot dusver is die baan vir die vier-bal gholf byna vol maar daar is nog plek vir agterosse wat wil inskryf. Die komitee nooi die publiek om op hierdie dag sommer ook Nasionale Braaidag saam met hulle te vier. Teen laatmiddag sal daar vleis gebraai, allerhande soorte pap gaargemaak en bykosse bedien word deur Melonie Eva, bestuurder van Kambaku en lid van Eddy se komitee. Die ete kos R100 vir volwassenes en hoërskoolkinders en R50 vir laerskoolkinders. Alles gaan ten bate van die skoonmaak van Komatipoort. Om die kinders van rommelstrooi, herwinning en die groot veldtog bewus te maak, het 'n ander komiteelid, Magda Stronkhorst, kinders gekry om tekeninge te maak van hoe hulle die rommel en gemors in die strate sien. Hierdie "kunswerke" word tans gelamineer en sal as plekmatjies tydens die groot braai op die gholfdag dien. "Die komitee werk hard om mense van rommelstrooiing bewus te maak, en die meeste Komatipoorters werk pragtig saam. Dit sal voorwaar 'n skande wees as Komatipoorters weer begin mors nadat alles opgeruim is," het Ferreira gesê.

"This news item is brought to you by Fine and Country, Lowveld – South of Kruger, with the compliments of Corridor Gazette."

Municipality Status: Committed
Posted in: Other
Comments There are currently no comments, be the first to post one.
Post Comment Only registered users may post comments.
Privacy Statement  |  Terms Of Use
Copyright 2010 by Neccta