23 February 2012

Participation Information: Although all visitors to this page and site are permitted and invited to read the content displayed, only registered users could be rendered the opportunity to participate in the debate. For logical reasons unlimited access without reviewing could not be granted. The popularity of www.komatipoort.com, and its significance for the area, is significantly high. It makes sense for all local inhabitants to optimize thier town's home site, and to share in the advantages it offers. It is actually for free! Kindly follow the links on our business and accomodation pages, and register and subscribe without any further delays, and become an active participant in the affairs of your own town and region!

Neccta

Neccta

Since being founded, Neccta (Nkomazi East Combined Commerce and Tourism Association) represents the Komatipoort community in all matters of community interest.

Neccta is accordingly acknowledged by all government institutions and the public media, and the community. Neccta strives to improve trade and tourism of Komatipoort and the Nkomazi East region.

With a track record of longer than 8 years, Neccta has achieved a lot. Amongt these count amongst others the elevation of the Crocodile Bridge, ongoing interaction with government on all levels, and also www.komatipoort.com.



Management
Convener & Liaison Jan Engelbrecht
Tourism Sue Steele
Software

Guss Davey

Trade Fanie Engelbrecht
Border Post Danie Parsons
Town Infra-structure John O'Reilly
Education Robert Naude


03
Rooiboskatte neem inisiatief in kombuis
KOMATIPOORT - Die Voortrekkers wat tans spog met 90 lede, is 'n bedrywige kommando wat sommer drie groot projekte op een slag aanpak. Verlede Vrydag het die gr. 7’s in Pretoria gaan kwalifiseer vir hulle voorslag-kenteken, die hoogste kwalifikasie vir 'n Penkop en Drawwertjie (laerskoolleerders), terwyl die gr. 5’s en 6’e ('n gekombineerde span van 22 Penkoppe en Drawwertjies wat hulself die Rooiboskatte noem) die kampkook- en onthaalkentekens gedoen het. Die res van die kommando het tannie Bets du Toit van die Oos-Kaap wat die 1947 Komatipoort-gifmoord oorleef het onthaal. Die Rooiboskatte het aan huis van hulle offisier, Maritza Uys, 'n ete van ses vleisdisse, twee bykosse, slaai en nagereg op die vuur, gas en elektrisiteit voorberei. Die aand is hulle ouers daarop getrakteer tydens 'n viergang- aansit-ete. Geregte soos wildspastei, bobotie, frikkadelle, ribbetjies, hoender-op-die-spit, roosterkoek, patats-in-die-kole en melktert was op die spyskaart. Die trotse offisier het dit alles met behulp van haar eggenoot Piet van Dyk en 'n paar ouers gekoördineer. Terselfdertyd is die kinders meer geleer omtrent veiligheid in die kombuis, en dit was omtrent 'n verligting toe die kommando se kenteken-toetsoffisier en eregas van die aand, Lesley Kahts, verklaar het dat die kinders aan die vereistes vir die kentekens voldoen het. Die onthaal-kenteken vereis dat die kinders self die spyskaart beplan, die aankope doen, die gaste uitnooi, die geregte berei en dit voorsit. Daarna word die oorskiet versorg en die kombuis opgeruim. Daar was egter maar min oorskietkos omdat die gesinne van die kokke, wat hulle uitgehonger het vir die kinders se konkoksies, gou korte mette gemaak het met die smulgeregte. Wat oorgebly het, is die volgende dag aan minderbevoorregtes uitgedeel. Volgens Uys, het die span drie weke lank tydens kommando-byeenkomste gewerk aan die teoretiese deel en voorbereiding vir die kentekens. Die kinders het op 'n Komatipoortse lentedag, wat 40 grade gemeet het, effektief in spanne saamgewerk sonder enige probleme. Natuurlik het hulle tussen-in bietjie geswem ook, waarsonder die uitdaging uitmergelend sou gewees het. Die Rooiboskatte werk intussen hard om hul graadwielwerk af te handel, terwyl hulle eersdaags wegspring met die weerkunde-, sterrekunde-, sang-, kampeerder- en selfversorgingspesialisasies. Municipality Status: Committed
Posted in: Other
Comments There are currently no comments, be the first to post one.
Post Comment Only registered users may post comments.
Privacy Statement  |  Terms Of Use
Copyright 2010 by Neccta